
Pampoentert
Hierdie pampoentert is by VERRE die lekkerste pampoentert wat ek nog ooit geproe het. Een GROOT voordeel van hierdie pampoentert is dat hy net so lekker vries.
Ingredients
- 125g botter
- 200ml suiker
- 3 eiers
- 200ml Bruismeel
- 50ml mieliemeel
- 2ml sout
- 3 koppies gaar pampoen of botterskorsie ( sowat 750g rou pampoen of botterskorsie)
- 5ml Karamel essence
- 125g botter
- 60ml suiker
- 125ml Ideal Milk
Instructions
Voorverhit oond tot 180 grade.
Skil en sny botterskorsie in blokkies.
Vul pot met water en kook sag.
Dreineer die botterskorsie en druk fyn.
Klits suiker en botter saam.
Voeg eiers by en klits weer.
Voeg dan bruismeel,mieliemeel,sout en gaar botterskorsie by en klits weer.
Voeg dan karamel essence by en klits weer.
Giet beslag in oondbak en bak vir 45minute teen 180 grade.
Sodra 10min oor is van baktyd,begin die sous.
Kook botter,suiker en Ideal melk saam.
Druk gaaitjies in die gaar tert en giet die sous oor die tert.
Na sowat 15minute het al die sous in die tert ingetrek.
Geniet dit!
Save this recipe on Thymely
Keep it in your own collection, plan meals, and generate grocery lists — it's free!
Already have an account? Sign in